top of page
Writer's pictureKonica Minolta ASG Team

Vier maklike maniere om jou maatskappy se drukkoste drasties te verminder

Updated: May 30, 2022

Om kostes te bespaar wanneer dit by jou sakeonderneming se drukwerk kom is gereeld die laaste ding waaraan 'n bestuurder of eienaar dink.

Om dokumente uit te druk is mos maar net ‘n alledaagse uitgawe van jou sakeonderneming, of hoe?

Wel, as jy een van die bogenoemde bestuurders of eienaars is, kan jy nie meer verkeerd wees nie.

Jou sakeoderneming kan maandeliks duisende Rande bespaar deur net ‘n paar slim veranderinge aan te bring in jou maatskappy se drukbestuurstelsel.


Daar is vier tekens dat jou maatskappy se drukwerk beter bestuur kan word om sodoende soveel as moontlik besparings te verseker:


1. Goedkoop koop is gewoonlik ‘n duur kopie

Indien jy net goedkoop drukkers by kettingwinkels aankoop verloor jy waarskynlik geld. Die drukkers is nie altyd die lae pryse werd nie omdat dit jou op die einde van die dag meer geld uit die sak gaan jaag as wat jy sal spaar, veral as jy nie kan bepaal presies hoeveel mense die drukker gebruik, hoe gereeld die ink en inkhouers vervang word en of jou werkers gereeld in kleur druk nie.

Goedkoop drukkers sluit ook nie omgewingsvriendelike- en kragbesparkings-kenmerke in nie en sal verbruiksitems, soos ink, vinniger opgebruik.

So moenie op die lang duur hopeloos te veel betaal vir ‘n goedkoop drukker nie. Kontak Konica Minolta Sales Group om jou met die regte drukkers en ‘n bekostigbare drukbestuurstelsel, wat vir jou oor ‘n langer tydperk duisende Rande se besparings sal verseker, te voorsien. Konica Minolta Sales Group het ook sisteme in plek om te bepaal hoeveel drukwerk deur jou werknemers gedoen word en presies hoeveel dit per maand kos.


2. Swak sekuriteit

Goekoop drukkers kan ook jou maatskappy se sekuriteit in gedrang bring omdat daar geen sekuriteitstelsel in plek is om te verhoed dat ongemagtigde verbruikers dokumente uitdruk nie. Konica Minolta Sales Group het sekuriteitsmaatreëls in plek om te verseker dat slegs gemagtigde verbruikers dokumente op jou maatskappy se drukkers kan druk.


3. Vermorsing van papier

Die maklikste manier om te bepaal of jou maatskappy papier vermors is om net na jou drukkers toe te stap en te kyk hoeveel drukwerk werknemers uitgedruk het, maar by die drukker vergeet het. Is jou herwinningsmandjies ook vol onnodige dokumente wat uitgedruk is, maar nooit deur werknemers gebruik is nie? Die vermorsing en kostes is ook baie meer indien die drukwerk nie aan albei kante van die papier gedoen is nie en ook as dit in kleur geduk is.

Konica Minolta Sales Group het sisteme in plek om te verseker dat werknemers minder papier vermors. Een voorbeeld daarvan is dat verbruikers ‘n pinkode by die drukker moet intik elke keer as hulle ‘n dokument wil uitdruk. Dit sal verseker dat hulle nie elke keer gaan opstaan om drukker toe stap en die kode in te tik as hulle nie werklik die dokument nodig het nie.

Sharp-drukkers kan ook geprogrammeer word om slegs in wit-en-swart te druk en ook om op albei kante van ‘n bladsy te druk. Dit bespaar ink, sowel as papier.


4. Daar is nie ‘n spesifieke persoon in beheer van jou maatskappy se drukkers nie

Wie bel jou werknemers wanneer die drukker se ink klaar is of daar ‘n papier in die drukker vas sit? By die meeste maatskappye is dit die IT-departement wat met dié alledaagse drukkwessies opgeskeep sit. Wanneer jou IT-departement besig gehou word met die kwessies verhoed dit hulle om op hul werk te fokus en kos dit jou maatskappy tyd en geld.


Konica Minolta Sales Group kan jou sakeonderneming help om maandeliks papier sowel as verbruiksitems, soos ink, te spaar.

En as jou werknemers ook nie weer wie om te skakel as iets verkeerd gaan met jou drukkers nie kan verskeie werknemers dalk dieselfde verbruikersitems aankoop wat jou maatskappy se uitgawes kan verhoog.

Konica Minolta Sales Group kan al jou drukkers teen ‘n bekostigbare maandelikse tarrief bestuur. Sodoende kan jy verseker dat jou IT-departement meer tyd het om op hul werk te fokus. Konica Minolta Sales Group sal verseker dat jou drukkers altyd in ‘n werkende toestand is.


Konica Minolta Sales Group kan jou maatskappy help met al die bogenoemde uitdagings. Skakel ons vandag nog om meer uit te vind oor ons bekostigbare dienskontrakte.

Comments


bottom of page